NewsNews

Wêreldbiddag só die week in Parys gevier

Wêreldbiddag só gevier

 

 

Wêreldbiddag vir Vroue sal Vrydag, 4 Maart ook in Parys gevier word. Dit word om 17:30 by die NG-gemeente Parys-Oos gehou, saam met die optrede van Charlie Dicks. Die tema is: Hy weet wat Hy vir jou beplan, na aanleiding van Jeremia 29:1-14.  

 

Met die jaarlikse biddag kry Christenvroue in meer as 170 lande die geleentheid om bymekaar te kom om saam te bid. Die geleentheid bring vroue van alle rasse, kulture en kerke saam om vir vrede en geregtigheid te bid. Elke jaar word daar gefokus op ‘n ander land met ‘n unieke tema, en word die biddag op die eerste Vrydag in Maart gehou. Die gebruik dateer uit 1887 uit die VSA. In Suid-Afrika is die eerste Wêreldbiddag in 1930 in Seepunt, Kaapstad, gehou. In 1946 is die nasionale komitee gestig wat jaarliks die biddag in Suid-Afrika reël. Elke jaar word daar ‘n land aangewys om die program saam te stel en te fokus op gebedsake in hul eie land.

* Die Wêreldbiddag vir Mans word Saterdag, 5 Maart om 07:00 by die NG-gemeente Parys-Oos gehou. Ivor Swartz, ‘n dinamiese gelowige met ‘n mooi getuienis, sal as spreker optree. Toegang vir beide gebedsgeleenthede is gratis.. Almal welkom.    

 

 

 

 

   

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button