Maart-skok: Tolhekke, petrol, elektrisiteit, voedselpryse en minimum lone gaan jou sak ruk
Tolgelde styg ook


Behalwe dat motoriste van Woensdag 2 Maart die hand nog dieper in die sak sal moet steek vir brandstof, styg tolgelde ook.
By die tolhekke kan jy vanaf 1 Maart ‘n styging van gemiddeld 4% in tolgeld verwag. E-tol styg met 4,13%.
By die Grasmere-tolhek sal jy nou R22,50 betaal waar dit jou R21,50 vir ‘n voertuig in 2021 gekos het.
Vaal Plaza gaan jou nou R74,50 kos waar dit in 2021 R71,50 was.
Vanaf Woensdag kos alle grade petrol jou R1,46 per liter.
Diesel (0,05% swael-inhoud) styg na R1,44 per liter
Diesel met (0,05% swael-inhoud) styg na R1,48 per liter.
Paraffien se prys word verhoog na R1,21 per liter en gas sal 70 sent per kilogram duurder kos.
Dit beteken dat vir ‘n 50 liter tenk sal jy meer as R70 duurder aan brandstof betaal om jou motor vol te maak.
Voeg daarby dat huishulpe se minimum loon vanaf 1 Maart styg na R23,19 per uur, en jy binnekort ook meer vir elektrisiteit gaan betaal, dan kan jy maar weet die gordel gaan styf trek, want wanneer brandstofpryse styg, styg ook voedselpryse.




