NewsNews

Polisie steeds op soek na verdagtes van AKTV-oord moord

“Hy was ‘n stil man met ‘n reuse sagte hart. Altyd kalm en ‘n ongelooflike liefdevolle pa.”

 

 

Die polisie is steeds op soek na die verdagtes wat vir die skokmoord van die Potchefstroomse pensioenaris, mnr. Johannes Brits (68), verantwoordelik was. Brits is Donderdagoggend, 17 Februarie tydens ‘n rooftog by ATKV Buffelspoort vermoor. Hy het saam met sy familie (gade en sibbe) daar vakansie gehou.
 
 
Mnr. Johannes Brits, ‘n Potchefstromer vir die afgelope 30 jaar, is tydens ‘n vakansie by ATKV Buffelspoort deur rowers doodgeskiet. Foto: Verskaf

Johannes, sy vrou Linda, Johannes se broer Nick en sy gade Emma en haar suster Enna en haar man Hans, het saam vakansie gehou.

 

Die drie rowers het omstreeks 00:50 deur ‘n oop venster toegang tot die chalet verkry, waarna hulle op Brits geskiet het toe hy sy familie wou beskerm. Volgens Johannes se broerskind, Niël, het Enna wakker geword om pille uit haar kas te haal. Dit is toe sy die rowers gesien het. Hulle het vir Hans platgedruk voordat hulle Enna agtervolg het. Johannes het van die onderonsie wakker geword en toe hy opstaan, is hy koelbloedig doodgeskiet. Hy het op Enna geval. Niël se pa, Nick het ondersoek ingestel en die rowers met die vuiste bygedam. Die rowers het op hom geskiet, maar het hom gemis. Hulle het daarna met drie selfone gevlug.

 

Dit is die eerste keer dat daar ‘n persoon by ‘n ATKV-oord vermoor word. Die oord het hulle meegevoel met die familie uitgespreek en genoem dat hulle saam met die polisie werk om uit te vind hoe die rowers toegang verkry het. “Die veiligheid van ons gaste en personeel is vir die ATKV van die uiterste belang en dit is dus ons hooffokus om die familie en personeellede by die oord wat deur die voorval getraumatiseer is, te ondersteun. “Hoewel ATKV Buffelspoort in dié stadium nie kommentaar kan lewer oor presies hoe die aanvallers toegang tot die eenheid verkry het nie, werk die ATKV nou saam met die plaaslike polisie en die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) om die saak te ondersoek,” lui die verklaring. Johannes se skoondogter, Natasha, noem dat haar skoonpa in sy laaste drie jaar van aftrede sy groot liefde vir sy African Grey papegaaie voortgesit het. Hy was voorheen ook betrokke by Veeartsenydienste as beroep. “Hy was ‘n stil man met ‘n reuse sagte hart. Altyd kalm en ‘n ongelooflike liefdevolle pa,” vertel Natasha. Johannes laat sy vrou Linda, drie kinders, Sarel, Monique en Jaco en vier kleinkinders agter. Johannes se gedenkdiens vind Vrydag, 25 Februarie by die EG Kerk Potchefstroom plaas. Kol. Adele Myburgh, polisiewoordvoerder in die provinsie, het die voorval bevestig. Volgens haar word daar ‘n saak van moord en sakeroof ondersoek. Sy het teen druktyd genoem dat die verdagtes steeds soek is. Enige iemand met inligting kan ao. Job Monnagaratoe by 072 092 2348 kontak.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button