NewsNews

Nóg ‘n verdagte vas ná Valke-optrede om onwettige myners te stuit

Nóg 'n verdagte vas ná Valke-optrede om onwettige myners te stuit

 
 
Die Valke se eenheid vir Ernstige Georganiseerde Misdaad in die Vrystaat, het nog ‘n deurbraak in die vlaag van onwettige mynbou aktiwiteite in die provinsie gemaak, nadat die 30-jarige Douglas Tebogo Ngobeni, ook bekend as Wonder Msimango, homself Dinsdag 22 Februarie oorgegee het aan die Valke.
 
Dit volg nadat die Valke reeds 8 ander verdagtes vir die klagtes gearresteer het op 15 November 2021
 
Ngobeni het op Woensdag 23 Februarie voor die Welkomse landdroshof verskyn op klagte van onwettige mynbou aktiwiteite, geldwassery, diefstal en korrupsie., het Valke-woordvoerder, kapt. Christopher Singo gesê.
.
 
Die Valke se eenheid vir Ernstige Georganiseerde Misdaad in die Vrystaat, het in Julie 2018 begin met optrede om onwettige myners in die Welkom en Thabong areas vas te trek.
 
Dit blyk dat die sindikaatlede wat deel is van die onwettige mynaktiwiteite, ook besigheidseienaars insluit wat onwettig handel dryf met die goudstof wat gekry word en dan weer aan onwettige kopers verkoop word, en dat  van uitlanders gebruik gemaak word as Zama-Zamas.
 
Ngobeni sal weer op Woensdag 2 Maart voor die hof verskyn vir ‘n formele borgaansoek.
 
 
 
 
 
 
 
 
 
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button