News

Kom gesels en kyk saam na ons geveerde vriende

Kom gesels en kyk saam na ons geveerde vriende

 

 

Tydens Feathers Voëlklub se besoek in Januarie aan Boschenvaal, het die twaalf geesdriftige voëlkykers wat die uitstappie meegemaak het, nie minder nie as 47 voëlspesies aangeteken. Dit het onder andere die Dikbekwewer, Swartpiek, Vleitinktinkie en vele ander ingesluit.

Feathers se volgende byeenkoms word vanaand, Donderdag, 24 Februarie om 18:30 by Sally Martin Park se saal gehou. By die geleentheid sal Johan Lotter van Vredefort sy foto’s van vreemde besoekers wys, en gesels oor hul gewoontes. Magel de Ponte en Lorian Page sal ook ‘n klompie van hul foto’s wys.

Almal wat belangstel in ons voëls, word vriendelik uitgenooi om die gesellige klubbyeenkomste by te woon. Die gebruik van die saal is steeds onderhewig aan die nakoming van die Covid-vereistes, en ‘n veilige afstand moet gehandhaaf word. Saterdag, 26 Februarie besoek die klub Dome Inn op die Kopjeskraal-pad.

Tydens vorige besoeke het die klub al 40 spesies hier aangeteken. Belangstellendes vertrek om 06:00 vanaf Pick n Pay se parkeerterrein. Bring jou piekniekmandjie, voëlboek, verkyker en ‘n stoel saam. Vir meer inligting oor Feathers kan Hansie Bekker by (056) 811 4754 / 082 820 4306), of Peter Killian by 083 625 8100 geskakel word.

 

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button