NewsNews

Parys Lisensiekantoor nou tydelik gesluit

Parys Lisensiekantoor tydelik gesluit

 

Die Parys Bestuurslisensie toetssentrum is tydelik gesluit weens ‘n elektrisiteitsprobleem. Die aankondiging is pas gemaak deur die Vrystaatse Departement van Polisie, Paaie en Vervoer. In ‘n amptelike verklaring is gesê dat die departement in die proses is om ‘n diensverskaffer aan te stel om die elektrisiteitsprobleem te herstel, nadat die munisipale elektrisiteitspan nie daarin kon slaag om die probleem reg te stel nie. Die publiek is aangeraai om van die Vredefort en Sasolburgse lisensiekantore se dienste gebruik te maak vir alle

  • voertuig lisensiehernuwings
  • hernuwing van bestuurslisensies
  • aansoeke vir registrasie duplikate
  • aansoeke vir PDPs (Professional Driving Permits)
  • leerlinglisensie aansoeke
  • bestuurslisensie toetse

Die lisensie toetssentrum in Petrus Steyn is ook gesluit weens veligheidsredes nadat daar slange op die perseel gekry is. Mense wat gewoonlik van dié sentrum se dienste gebruik maak, is aangeraai om die dienste van die Reits en Lindley toetssentrums te gebruik. Daar word reeds aandag gegee aan die probleem by die Petrus Steyn kantoor en sal die publiek ingelig word sodra die kantoor weer kan heropen. Intussen is daar groot lof vir die vriendelike en baie behulpsame beamptes van die Viljoenskroon-toetssentrum.  

 

 

 

 

 

Related Articles

Back to top button