NewsNews

Parys Lisensiekantoor nou tydelik gesluit

Parys Lisensiekantoor tydelik gesluit

 

Die Parys Bestuurslisensie toetssentrum is tydelik gesluit weens ‘n elektrisiteitsprobleem. Die aankondiging is pas gemaak deur die Vrystaatse Departement van Polisie, Paaie en Vervoer. In ‘n amptelike verklaring is gesê dat die departement in die proses is om ‘n diensverskaffer aan te stel om die elektrisiteitsprobleem te herstel, nadat die munisipale elektrisiteitspan nie daarin kon slaag om die probleem reg te stel nie. Die publiek is aangeraai om van die Vredefort en Sasolburgse lisensiekantore se dienste gebruik te maak vir alle

  • voertuig lisensiehernuwings
  • hernuwing van bestuurslisensies
  • aansoeke vir registrasie duplikate
  • aansoeke vir PDPs (Professional Driving Permits)
  • leerlinglisensie aansoeke
  • bestuurslisensie toetse

Die lisensie toetssentrum in Petrus Steyn is ook gesluit weens veligheidsredes nadat daar slange op die perseel gekry is. Mense wat gewoonlik van dié sentrum se dienste gebruik maak, is aangeraai om die dienste van die Reits en Lindley toetssentrums te gebruik. Daar word reeds aandag gegee aan die probleem by die Petrus Steyn kantoor en sal die publiek ingelig word sodra die kantoor weer kan heropen. Intussen is daar groot lof vir die vriendelike en baie behulpsame beamptes van die Viljoenskroon-toetssentrum.  

 

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button