NewsNews

S44: Motorbestuurder en passasiers ontkom ter nouer nood aan die dood

S44: Motorbestuurder en passasiers ontkom ter nouer nood aan die dood

 
 
‘n  BMW met drie insittendes het Vrydagaand kort voor middernag ter nouer nood aan die dood ontkom toe die motorbestuurder beheer oor die voertuig verloor het op die erg beskadigdigde teervlak van die S44 by die brug tussen Heilbron en Deneysville.
 
 
Die erg beskadigde teervlak by die brug by die S44 tussen Heilbron en Deneysville
 
Hoewel die pad op 5 Februarie gesluit is nadat  gedeeltes van die teervlak veral  sowat 24km vanaf Heilbron in die rigting van Deneysville weggespoel het ná die swaar reën, is daar boere en  ander motoriste wat noodgedwonge  van die pad gebruik moet maak.
 
Dele van die pad is egter steeds baie gevaarlik veral by die brug met teerhope wat na die kant van die pad gespoel hettoe die brug oorspoel het.
 
 
 
 
 
Ongelukkig word die waarskuwingsborde gereeld deur mense weggeskuif en moet daar veral gelet word op die slaggate naby die Oranjeville afdraai en die gedeelte by die brug waar motoriste uiters versigtig moet wees.
 
Een van die drie insittendes is met ligte beserings na ‘n nabygeleë hospitaal vervoer.
 
 
 
 
 
 

Related Articles

Back to top button