NewsNews

S44: Motorbestuurder en passasiers ontkom ter nouer nood aan die dood

S44: Motorbestuurder en passasiers ontkom ter nouer nood aan die dood

 
 
‘n  BMW met drie insittendes het Vrydagaand kort voor middernag ter nouer nood aan die dood ontkom toe die motorbestuurder beheer oor die voertuig verloor het op die erg beskadigdigde teervlak van die S44 by die brug tussen Heilbron en Deneysville.
 
 
Die erg beskadigde teervlak by die brug by die S44 tussen Heilbron en Deneysville
 
Hoewel die pad op 5 Februarie gesluit is nadat  gedeeltes van die teervlak veral  sowat 24km vanaf Heilbron in die rigting van Deneysville weggespoel het ná die swaar reën, is daar boere en  ander motoriste wat noodgedwonge  van die pad gebruik moet maak.
 
Dele van die pad is egter steeds baie gevaarlik veral by die brug met teerhope wat na die kant van die pad gespoel hettoe die brug oorspoel het.
 
 
 
 
 
Ongelukkig word die waarskuwingsborde gereeld deur mense weggeskuif en moet daar veral gelet word op die slaggate naby die Oranjeville afdraai en die gedeelte by die brug waar motoriste uiters versigtig moet wees.
 
Een van die drie insittendes is met ligte beserings na ‘n nabygeleë hospitaal vervoer.
 
 
 
 
 
 
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button