NewsNews

Tifuskoors-uitbraak: Dit is wat jy moet weet

  Tifuskoors is `n potensieel dodelike infeksie wat veroorsaak word deur bakterieë Salmonella typhi. Die bakterieë word oorgedra deur inname van kos en drank wat besmet is deur die ontlasting en urine van mense wat besmet is.       Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes het ‘n waarskuwing uitgereik oor drie afsonderlike tifus-uitbrake in …

 

Tifuskoors is `n potensieel dodelike infeksie wat veroorsaak word deur bakterieë Salmonella typhi. Die bakterieë word oorgedra deur inname van kos en drank wat besmet is deur die ontlasting en urine van mense wat besmet is.

 
 
Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes het ‘n waarskuwing uitgereik oor drie afsonderlike tifus-uitbrake in die Wes-Kaap wat in totaal 64 gevalle is – daar is ook reeds 45 gevalle in Gauteng. Die tifus-uitbreek is reeds Woensdag bekend gemaak. In SA is tifus ‘n aanmeldbare toestand.

Kinders tussen 5 en 15jr is glo die grootste risiko. Daar is ‘n effektiewe behandeling en ‘n voorkomende entstof teen hierdie siekte. As dit nie behandel word nie kan dit egter dodelik wees.

 
Tifuskoors kan net deur ‘n bloedtoets bevestig word en word gewoonlik net gedoen as ‘n persoon in ‘n hospitaal opgeneem is.
 
Simptome sluit in kenmerke van ‘n gewone griep: koors, moegheid, hoofpyn, naarheid, maagpyn. Selfs al gaan simptome weg kan die bakterieë in die maag bly en ‘n persoon kan ‘n draer wees en sodoende ander mense aansteek.
 
 
 
 
Lees die oorspronklike berig hier: https://vaalweekblad.com/124210/tifuskoors-reeds-heelwat-gevalle-in-gauteng-ook/
 
 
 
 
 
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button