NewsNews

Valke slaan toe – vyf vasgetrek vir beweerde koperkabeldiefstal

Valke slaan toe - vyf vasgetrek vir beweerde koperkabeldiefstal

‘n Groot deurbraak is vandeesweek gemaak in die voortslepende vlaag van diefstal van koperkabel in Parys met 5 verdagtes wat in Parys in hegtenis geneem is op klagte van diefstal, die besit van vermoedelik gesteelde goedere en peuter met noodsaaklike infrastruktuur.

Dit volg na ‘n gesamentlike operasie deur die Valke se eenheid vir ernstige georganiseerde misdaad ondersoeke gestasioneer in Thabong, die K9-eenheid van Sasolburg, en die Toegewysde Provinsiale Tweedehandse Goedere Beampte (DSO) in samewerking met Telkom, Eskom, Transnet en MTN.

Die vyf verdagtes, Andries Jacobus Jordaan (54), Jan Ntshidi (47), Zweli Nxanga (31), Tsietsi Lucas Morobe (41) en Hilton Dannis Wall (64) het vandag, Vrydag 18 Februarie, in die landdroshof in Parys verskyn waar borgtog toegestaan is aan al vyf, het  Valke-woordvoerder, kapt. Christopher Singo, bevestig.

Volgens kapt. Singo is sekere skroothandelaars geidentifiseer wat na bewering van die gesteelde eiendom sou ontvang het. Singo sê Eskom koperkabel, Eskom aluminium, Telkom koperkabel en munisipale kabel met ‘n geraamde waarde van meer as R60 000 is gekry nadat die polisie Salvage Junkie Scrap Metal besoek het.

Terwyl polisiebeamptes nog by die handelaar besig was, het drie sekuriteitsbeamptes, Ntshidi, Nxanga en Morobe wat klaarblyklik Eskom-persele bewaak, daar opgedaag met gesteelde koperkabel met ‘n geraamde waarde van R8 000. Die kabel is by Eskom-persele gesteel.

Die saak word verder ondersoek en sal die verdagtes weer op Maandag 14 Maart voor die hof verskyn, het kapt. Singo gesê.

Jordaan het R5 000 borg gekry, en die ander beskuldiges R2 000 borg elk.

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button