News

Helpende Hand lei vanjaar vyftig tuisversorgers op

Helpende Hand lei vanjaar vyftig tuisversorgers op

 

 

Die kursus word oor ’n tydperk van ses maande aangebied waarin teorie en praktiese sessies afgewissel word. Die praktiese komponent word by geïdentifiseerde instansies in die omgewing van die studiesentrum aangebied. Dit beteken ekstra hulp vir die tehuis of instansie in ’n tyd wanneer tehSolidariteit Helpende Hand se tuisversorgingsopleidingsprogram het uitgebrei van twee studiesentrums met 18 studente in 2021 na vyf studiesentrums met 50 studente in 2022.

 

Die opleiding het vandeesweek in Pretoria, Krugersdorp, Bloemfontein, Paarl en Port Elizabeth afgeskop.

 

Benette Welman, projekorganiseerder van die tuisversorgingsprogram, verduidelik dat die behoefte aan hierdie opleiding ontstaan het as gevolg van soveel ouer persone wat verkies om by hul huise versorg te word in plaas van by vreemde versorgingsinstansies.

 

“Solidariteit Helpende Hand het oor die afgelope paar jaar ’n dringende behoefte aan tuisversorgers geïdentifiseer en het in 2021 hulle kragte met Gratia Via Akademie saamgesnoer om ’n geakkrediteerde kwalifikasie in tuisversorging aan te bied,” sê Welman.

 

uise dikwels sukkel om genoeg personeel aan te stel om die werk te doen.

 

“Studente wat hierdie kwalifikasie ontvang, is goed opgelei en op ’n hoë standaard. Die praktiese ervaring sal aan die student die nodige selfvertroue bied om, sodra die kursus voltooi is, hierdie dienswerk met die nodige kennis en ervaring uit te voer. Dus poog Solidariteit Helpende Hand om goed gekwalifiseerde, Afrikaanse tuisversorgers die land in te stuur,” sê sy.

 

Dr. Elsha Hermann, hoof van navorsing en maatskaplike ontwikkeling by Helpende Hand, sê Helpende Hand skep met die opleiding van die tuisversorgingstudente nie net ’n toekoms vir die studente nie, maar dit gee ook aandag aan ’n groot behoefte in die gemeenskap.

Hannes Noëth, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand, sê die beroep van tuisversorging is nie ’n beroep waaroor ’n mens geneig is om te dink totdat jy dit vir jou of vir familielede nodig kry nie.

 

“Wanneer ons of familie dit nodig kry, is ons geneig om altyd die beste te soek – die beste opgeleide versorger teen die beste prys met die beste etiek en die beste vermoëns.

 

“Juis daarom is dit belangrik vir Helpende Hand om die beroep van tuisversorging te standaardiseer en sterk te maak sodat ons kan sê die beroep van tuisversorging is ’n eerbare beroep wat almal eendag kan nodig hê en wat die samelewing sterker maak. Dit is onmisbaar vir ons almal,” sê hy.

 

Helpende Hand kon vanjaar rentevrye studielenings deur die Solidariteit Helpende Hand Studietrust aan 15 van die 50 studente bied. Die toekomsplanne is om die fonds wat gestig is om tuisversorgingstudente op te lei, te versterk sodat ons niemand hoef weens finansies weg te wys nie.

 

Besoek www.sluitaan.co.za om te verseker dat opleidingsgeleenthede soos tuisversorging deur Helpende Hand aangebied kan word.

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button