News

Valentyns-bederf wenners maak Parys eersdaags hul tuiste

Valentyns-bederf wenners maak Parys eersdaags hul tuiste

 

 

Baie geluk aan Gideon en Petro Treurnicht – ons Valentyns bederf wenners van ’n paartjie massering, geborg deur Egweni River Spar.

Petro se Valentynsboodskap aan Gideon is eenparig deur die drie onafhanklike beoordelaars van Parys Gazette se aanlyn Valentynskompetisie, aangewys. Met die kompetisie kon deelnemers ’n boodskap aan iemand spesiaal instuur en het die beoordelaars die wenboodskap aangewys wat hule die meeste geraak het.

Petro vertel dat sy en Gideon mekaar destyds op haar verjaarsdag in 1988 ontmoet het, toe ’n paar van ‘ons jonges’ uitgegaan het vir n dans en fliek.

Gideon was n enkelloper en baie geheg aan sy sport, maar hy’t ingegee en die aand saam gaan kuier. Die volgende oggend het ek 04:00 die huis ingesluip. As deel van n groot SAPD familie het my pa my voetstappe gehoor. Hy was rustig, want ek was veilig. Die paartjie is op 11/11/1989 om 11:00 getroud – ’n dag om nooit te vergeet nie, vertel Petro. “Geen huwelik is volmaak nie. Elke dag is harde werk. Met al ons foute is ons dankbaar om steeds getroud te wees.

Gideon is die kalm een. Ek was altyd die een met die vinnige geaardheid. Mens vul mekaar aan. Respek en geloof, en swaar tye maak mens sterk. As die storms jou dan slaan is skei geen opsie nie. Dis opstaan en weer probeer,” sê die twee.

Hul boodskap vir ander paartjies is – moenie opgee nie. Moenie toelaat dat die wêreld tussen jou en jou man kom staan nie. Druk die wêreld uit en bly gefokus.” En ja, sê Petro – ek het n man soos my pa gesoek, en dit het sy inderdaad in Gideon gekry. Ons wens is dat daar nog vele mooi jare vir julle saam sal wees en dat hulle baie gelukkig in Parys sal wees wanneer hulle eersdaags na die dorp verhuis. – Red.

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button