News

Hierna moet jy oplet as sensus-veldwerkers jou nader

Hierna moet jy oplet as sensus-veldwerkers jou nader

 

Sensus-veldwerkers in die Fezile Dabi-distrik is reeds besig om ook in die groter Parys van deur-tot-deur te beweeg. Die nasionale sensusopname eindig 28 Februarie. Onthou jy kan nie meer registreer vir aanlyndeelname nie omdat die registrasies reeds gesluit het. Amptenare van Statistiek Suid-Afrika kan jou egter vir die duur van die sensusopname telefonies kontak, of jy kan jou inligting aan veldwerkers gee.  

 

 

Veldwerkers van Statistiek Suid-Afrika voor hul Vrydagoggend uitbeweeg het in Parys se strate.

Hoe ken jy sensus-veldwerkers uit?

Omdat veldtogte soos ‘n sensus ook vir misdadigers die geleentheid kan bied om jou onder valse voorwendsels te nader, is dit belangrik dat jy weet hoe om veldwerkers van Statistiek Suid-.Afrika uit te ken  

 

 

 

Vuyou Masumpa, een van die veldwerkers wat in die Fezile Dabi-distrik werk, wys hoe sensuswerkers sal lyk wat aan die sensus deelneem. 

Veldwerkers sal ‘n groen hemp en pet dra. Hulle sal ‘n SSA (Statistiek Suid-Afrika) identifikasiekaart by hulle hê met ‘n unieke nommer daarop. Elke veldwerker se naam en van, die distrik waarin hy/sy werk en ‘n tolvrye nommer om te skakel, is naas die unieke nommer, op die kaart gedruk. Jy kan op die SSA-webtuiste, of by SSA se inbelsentrum hierdie unieke nommer verifieer voordat jy iemand in jou huis toelaat, sou jy kommer hê oor die persoon wat jou nader. Jy mag aandring om die identifikasiekaart te sien en die nommer te verifieer

Wat behels ‘n sensus?

‘n Sensus is ‘n nasionale proses waartydens almal in die land getel word om die bevolkingsgrootte te bepaal. Dit help ‘n land met sy medium- en langtermyn beplanning vir die behoeftebepaling vir byvoorbeeld skole, hospitale ensovoorts. Bevolkingsgrootte het ook ‘n direkte invloed op begrotings.

Wie word getel?

Almal in die land sal getel word, of jy ‘n Suid-Afrikaanse burger is aldan nie, wettig of onwettig in die land is aldan nie – almal moet getel word. Interessante feite * In 2011 was die land se bevolkingstal volgens die sensusopname 51 770 569. * Die sensus sou aanvanklik in 2021 gedoen word, maar moes weens die Covid-19 pandemie uitgestel word. * Dit is die land se vierde sensus sedert demokrasie.

 

 

Related Articles

Back to top button