News

Afrikaanse kunstenaars skitter binnekort by nuwe kunstefees buite Potch

Afrikaanse kunstenaars skitter binnekort by nuwe kunstefees

 

Van die land se bekende Afrikaanse kunstenaars is eersdaags by die Virseker Geesfees te sien waar hulle ten bate van Solidariteit Helpende Hand se #StopHonger-voedingskema gaan optree.

 

Die Virseker Geesfees is ʼn drie dae lange buitelugkunstefees wat van 18 tot 20 Maart 2022 by die Lekwena Privaat Wildreservaat, ongeveer 10 km buite Potchefstroom, aangebied gaan word.

 

“Ons was vir lang tye in ons huise vasgekeer waartydens alle kultuuraktiwiteite gekanselleer is. Afrikaners is egter plesierig en ons het besef dit is nou hoogtyd dat ons weer uit ons huise kom, gesellig verkeer en lekker saam met ander mense kuier,” sê René Roux, adjunk- uitvoerende hoof van kommunikasie by Solidariteit Helpende Hand.

 

Ricus Nel

 

Volgens Roux is die besluit om die fees te hou tweeledig – om Helpende Hand in staat te stel om met #StopHonger te sorg dat 8 000 hulpbehoewende Afrikaanse kleuters daagliks ʼn bord kos kry, en om die kultuurhonger aan te spreek wat die gevolg van die Covid-19-pandemie is.

 

Kunstenaars soos Adam Tas, Ricus Nel, Willem van der Ryst, Ichnus, Jay en Lianie May, Irene-Louise, Corlea, Jannie Moolman en Ruhan du Toit gaan oor dié drie dae vir vermaak sorg. Van der Ryst se musiekvideo Gee ʼn bietjie is verlede jaar spesiaal aan #StopHonger opgedra en het die tema van die kunstefees geïnspireer.

 

Jay & LIanie

 

Daar gaan ook verskeie stalletjies, insluitend lekker kosstalletjies, ʼn Kooperasie-kuiertuin, en aktiwiteite vir oud en jonk wees.

 

“Dit is ʼn fees vir die hele gesin en gaan nie net sorg vir voedsel vir die siel nie, maar ook dat minstens 8 000 honger magies gevul sal word,” sê Roux.

 

Vrydag en Saterdag se vertonings sal regstreeks op verskeie aanlyn platforms uitgesaai word sodat kykers wêreldwyd die fees saam kan geniet.

 

Besoek www.geesfeespotch.co.za om kaartjies vir die fees te bespreek. Uitstallers kan ook stalletjies by dié skakel bespreek. Mense wat die #StopHonger-voedingskema wil ondersteun, kan die woord STOP sms na 45763 (elke sms kos R2).

 

 

     

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button