NewsNews

Rekords spat vir Parys Primêr-atlete by Sone-atletiek

Rekords spat vir Parys Primêr-atlete by Sone-atletiek

   

 

Atlete van Parys Primêre skool het die rekords behoorlik laat spat met die Sone atletiekbyeenkoms wat Vrydag, 4 Februarie in Parys gehou is. Atlete wat rekords behaal het was Inke Nortman (hoogspring en verspring do.10), Karisa Nortman (spiesgooi do.13), Janco Ferreira (1 200m so.10), Nuri Rourke (1 200m do.11), Caro Ferreira (1 500m do.13) en Karmi Geldenhuys (100m do.13). Die skool se atlete het in totaal 42 eerste plekke, 32 tweede plekke en 14 derde plekke behaal.  

 

Die atlete wat eerste plekke verower het is: Peter Peterson (60m), Chané Dannhauser (60m), André Bruyns (60m en 80m), Jessie Joubert (1 200m), Mieke Small (gewigstoot), Inke Nortman (hoogspring en verspring), Janco Ferreira (1 200m), Herman van der Schyff (hoogspring), Lucien van Zyl (verspring), Nuri Rourke (1 200m).

Nie minder nie as 66 van die skool se atlete sal nou op 22 Februarie aan die Vaalrivier-kampioenskappe by die DP de Villiers-stadion in Sasolburg deelneem.    

 

 

Parys Primêr se atlete wat rekords gebreek het by die Sone-atletiekbyeenkoms is Inke Nortman, Karisa Nortman, Janco Ferreira, Nuri Rourke, Caro Ferreira en Karmi Geldenhuys. Foto Verska

     

 

     

Related Articles

Back to top button