Parys Primêr se atlete wat rekords gebreek het by die Sone-atletiekbyeenkoms is Inke Nortman, Karisa Nortman, Janco Ferreira, Nuri Rourke, Caro Ferreira en Karmi Geldenhuys. Foto Verska
Atlete van Parys Primêre skool het die rekords behoorlik laat spat met die Sone atletiekbyeenkoms wat Vrydag, 4 Februarie in Parys gehou is. Atlete wat rekords behaal het was Inke Nortman (hoogspring en verspring do.10), Karisa Nortman (spiesgooi do.13), Janco Ferreira (1 200m so.10), Nuri Rourke (1 200m do.11), Caro Ferreira (1 500m do.13) en Karmi Geldenhuys (100m do.13). Die skool se atlete het in totaal 42 eerste plekke, 32 tweede plekke en 14 derde plekke behaal.
Die atlete wat eerste plekke verower het is: Peter Peterson (60m), Chané Dannhauser (60m), André Bruyns (60m en 80m), Jessie Joubert (1 200m), Mieke Small (gewigstoot), Inke Nortman (hoogspring en verspring), Janco Ferreira (1 200m), Herman van der Schyff (hoogspring), Lucien van Zyl (verspring), Nuri Rourke (1 200m).
Nie minder nie as 66 van die skool se atlete sal nou op 22 Februarie aan die Vaalrivier-kampioenskappe by die DP de Villiers-stadion in Sasolburg deelneem.
Parys Primêr se atlete wat rekords gebreek het by die Sone-atletiekbyeenkoms is Inke Nortman, Karisa Nortman, Janco Ferreira, Nuri Rourke, Caro Ferreira en Karmi Geldenhuys. Foto Verska
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.