Opsporingstoestel lei polisie en patrollielede na gesteelde sonpanele

Boer sien waar diewe met sy sonpanele ry

 

 

Danksy ‘n opsporingstoestel waarvan die beweging daarvan op ‘n slimfoontoepassing op ‘n selfoon gevolg kon word, het ‘n boer van die Vredefort-distrik sy gesteelde sonpanele blitsvinnig terug, en is vier verdagtes Saterdagaand 12 Februarie, vir die diefstal gearresteer. Volgens die Vredefort Koepel GPF was Barry Coetzee van die plaas Mooiuitsig besig met patrollie toe hy opmerk  dat sy sonpanele weg is

Min het die diewe egter kon weet dat hy op sy slimfoontoepassing presies kon sien waar daar met sy sonpanele gery word op die R59 tussen Viljoenskroon en Vredefort. Coetzee het die SAPD en GPF-patrollielede in kennis gestel waarop die verdagte voertuig voorgekeer is.

Die vyf verdagtes het uit die voertuig gespring en in die veld ingehardloop. Vier is egter tussen die lang gras gekry en gearresteer. Daar is ook beslag gelê op die voertuig, die vier sonpanele en gereedskap wat in die voertuig was.  

Van die gereedskap waarop beslag gelê is met die arrestasie van die verdagtes.

     

Dankie aan die SAPD en Vredefort Koepel GPF-lede wat onmiddelllik gereageer het om dié misdadigers in hul spore te stuit.  

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button