NewsPhoto GalleriesSchool

Groot eer vir Hoërskool Parys, sy onderwysers en 2021 matrikulante

Groot eer vir Hoërskool Parys, sy onderwysers en 2021 matrikulante

 

 

Hoërskool Parys, van sy onderwysers en matrikulante van 2021 het die afgelope naweek kon spog met uitsonderlike prestasies en erkenning na afloop van die 2021 matriekuitslae.

’n Erkenningsgeleentheid is Saterdag in Kroonstad gehou waar Hoërskool Parys aangewys is as die skool in die Fezile Dabi-onderwysdistrik, wat spog met die beste 2021 matriekuitslae in die vakke English First Additional Language, Fisiese Wetenskappe, Wiskunde en Toerisme. Nege onderwyskringe is ingesluit in die Fezile Dabi-distrik, en sluit heelwat groot skole in.

Die toekennings is deur die vakonderwysers, mevv. Marli Kruger, Jessica Jersich, Izelle van Heerden, Charlotte Marx en Christelle Fouché, in ontvangs geneem.

Hoërskool Parys se vakonderwysers wat erkenning ontvang het vir die beste 2021 matriekuitslae in die Fezile Dabi-distrik in hul onderskeie vakke, is voor van links Jessica Jersich, Christelle Fouché en Charlotte Marx. Agter is Marli Kruger, mnr. Lucien van Zyl met die silwertoekenning en trofee wat aan die skool oorhandig is, en Izelle van Heerden.

  Die skool self het ‘n silwertoekenning ontvang vir ‘n slaagsyfer van 94% vir sy 2021 matrikulante waarvan 65% van hierdie matrikulante kon slaag met universiteitsvrystelling.

Ciska Cilliers is aangewys as die matrikulant met die naasbeste prestasie vir 2021 in die Fezile Dabi-distrik, waarvoor sy ook vroeër vanjaar erkenning ontvang het tydens die Vrystaatse departement van onderwys se erkenningsfunksie vir die top 100 matrikulante in die Vrystaat. Sy het sewe vakonderskeidings behaal en studeer vanjaar chemiese ingenieurswese aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus.  

Ciska Cilliers

Nog twee van die skool se matriek uitblinkers, Boikanyo Likhethe wat 8 vakonderskeidings behaal het, en Genevieve Croeser wat spog met 5 vakonderskeidings, het elkeen Saterdag ‘n skootrekenaar ontvang vir hul prestasies. 

 

 

Genevieve Croeser. 

Boikanyo gaan medies aan die Universiteit van Kaapstad studeer en Genevieve is reeds besig met haar studie in Equine Behavioural Science and Psychology waarna sy Sielkunde aan die NWU se Potchefstroom-kampus volgende jaar sal studeer.

Boikanyo Likhethe

Borge van die naweek se erkenningsgeleentheid het ingesluit die De Beers groep, Old Mutual, kst, die Fezile Dabi distrikmunisipaliteit, Mafube Local Municipality, Boitjorisong Resource Centre, Shoprite Checkers, Dutton, Ngwathe Municipality, Jenn, Standard Bank, Moqhaka Local Municipality, Sasol, Capital Legacy en Sebata Maize Meal. * Yakhisizwe Secondary School in Tumahole received a certificate and trophy at the function for a pass rate of 94% and above for their matric class of 2021, while their top achiever, Poppy Mokoena also received a laptop and voucher. She had 7 distinctions.

 

 

Related Articles

Back to top button