CompetitionsPhoto Galleries

Só kan jy wen vir Valentynsdag: Skryf nou in

Een paartjie kan dié prys wen

Is jy uit idees en platsak om iemand spesiaal te bederf op Valentynsdag, Maandag 14 Februarie?

Skryf nou in, dis heeltemal gratis en een gelukkige paartjie staan ‘n kans om ‘n masering vir ‘n paartjie (couple massage) by Egweni River Spa te wen.

Al wat jy moet doen is om ‘n boodskap vir iemand spesiaal en na aan jou hart te epos na gazettenuus@gmail.com of te whatsapp na 060 690 7591 waarin jy sê waarom jy die persoon in jou lewe waardeer. Jy kan ook sou jy verkies ‘n foto van jouself saam met jou boodskap stuur. Al die boodskappe sal gratis op Parys Gazette se webtuiste geplaas word en sal die boodskap wat die oorspronklikste is deur ‘n onafhanklike beoordelaar aangewys word wat dan die prys sal ontvang.

Die wenner sal Sondag 13 Februarie om 12:00 aangekondig word op Parys Gazette se webtuiste en Facebook-blad Die beoordelaar se beslissing is finaal.

As daar een ding is wat die afgelope twee jaar ons geleer het, is dit om mekaar te waardeer.  Kom ons sê dit weer opnuut vir mekaar.  

Related Articles

Back to top button