NewsNews

Kom kuier saam by die Vredefort Hartshuis

Kom kuier saam by die Vredefort Hartshuis

 

Vredefort Hartshuis hou hul eerste vermaaklikheidsfees op Saterdag, 26 Februarie, om dankie te sê vir ‘n gemeenskap se omgee. Die Hartshuis is ‘n nie-winsgewende organisasie wat begin is deur die eienaar, Zuanne-Marie Joubert. Die Hartshuis huisves mense wat suiwer van ‘n Sassa-pensioen afhanklik is. Bring die hele familie en sommer die honde ook en kom kuier al van vroeg die oggend saam by die Hartshuis, De Wetstraat 19, Vredefort. Toegang is gratis. Verskeie kunstenaars sal die dag optree, waaronder Johan Volscenk, Beth Human, Sarel Botha, ElKodi & Romeo en Daniel Coertze, met die hoofvertoning die Saterdagaand met Armand Hofmeyr as gaskunstenaar vanaf 18:00.

Die pret begin reeds die oggend vanaf 06:00 met die Vredefort Tickled Pink Fun Run wat jy kan stap/draf as jy kans sien vir om die blok of 5km. Na die stap is daar waterkaskenades by die skoolterrein. Naas die kunstenaars se optrede is daar ook kuns- en kosstalletjies, tradisionele dansers, gospelsangers en donkiekarritte wat aangebied word. Die aand is daar ‘n modeparade, en jy kan bly vir die liefdesliedjies van Armand Hofmeyr en sonsondergang piekniek. Bring jou koepeltent (dome tent) en kom kamp teen slegs R200 per tent op die terrein. Daar sal behalwe vir die kosstalletjies ook braaigeriewe wees. Parkering is beskikbaar op die Chris van Niekerk-terrein.  

   

Related Articles

Back to top button