Selfverdediging – jy kan dit bemeester
Selfverdediging - jy kan dit bemeester

Of jy oud en krom, jonk en soepel, of lanklaas geoefen het – jy kwalifiseer beslis. Solank jy bereid is om te leer, vir agt weke kan vasbyt, en jou geesdrif sal saambring vir ‘n nuwe uitdaging. Parysenaars het nou weer die geleentheid om in te skryf vir die selfverdedigingskursus wat vir die gemeenskap van Parys aangebied word.
Die eerste kursus vir 2022 begin op 2 Maart en kan Parysenaars die kursus plaaslik bywoon in die kerksaal van die NG-gemeente Parys-Oos, h/v Loop- en Paulsenstraat. Kom leer eenvoudige selfverdedigingstegnieke of kom stof net weer jou kennis bietjie af. Al onthou jy net ‘n paar basiese begrippe, het jy reeds ‘n voorsprong. Dit is nie moeilik nie, en verg nie besondere fiksheid nie. Klasse is een keer per week op ‘n Woensdag tussen 17:45 en 19:00 vir die duur van die agt weke kursus.
‘n Eenmalige fooi van R350 word gevra, en jy ontvang ‘n sertifikaat (moet minstens 80% klasbywoning hê). Mans, vrouens en kinders kan die kursus bywoon en daar is ‘n pakket vir ‘n gesin van vier of meer beskikbaar. Maak gebruik van die geleentheid. Vir meer inligting skakel Sonja by 082 327 4250, of hou haar Facebookblad dop vir toekomstige kursusdatums.




