Kommer oor NWU se Covid-19 inentingsbeleid
Die NWU verseker dat geen student van enige kampus weggewys sal word op grond van hul inentingsstatus nie
In hierdie inligtingstuk word daar genoem dat inentingsvereistes benodig word vir toegang tot die kampus, kontakklasse, studenteaktiwiteite, en universiteitskoshuise en akkomodasie. Daar word wel ook genoem dat inentings nie verpligtend is nie en aansoek vir kwytskelding kan plaasvind.
Volgens die verklaring op 7 Februarie bevestig die waarnemende visie-kansellier van die NWU, Prof. Linda du Plessis, dat enige personeellid of student wat nie ingeënt wil word nie (op grondwetlike of mediese gronde), om vrystelling kan aansoek doen. “Hierdie aansoeke sal van geval tot geval oorweeg word en kan tot spesifieke beperkinge op die toegang tot enige van die universiteitsomgewings lei.” Volgens die NWU is die veiligheid en gesondheid van almal die eerste prioriteit en daarom sal daar sekere riglyne geimplementeer word. “Die bestuur van die NWU is bewus daarvan dat daar heelwat onsekerhede en vrae onder belanghebbendes oor die bestuur van gesondheid en verwante risiko’s bly, maar wil ons belanghebbendes die versekering gee dat die universiteit alles moontlik doen om ‘n vriendskaplike oplossing vir alle betrokkenes te vind. Dit moet beklemtoon word dat die maatreëls wat ingestel is nie studente verhoed om ons kampusse te betree of om te verhoed dat hulle hul grade voltooi nie, maar om die gesondheid en veiligheid van al ons belanghebbendes te verseker,” lui die veklaring. Die NWU verseker ook dat geen student van enige kampus weggewys sal word op grond van hul inentingsstatus nie en dat dieselfde reël vir koshuise geld. Die universiteit verwag ‘n totaal van 45 000 geregistreerde kontakstudente oor al drie kampusse gedurende hierdie akademiese jaar. Daar word van hierdie studente verwag om op kampusse te wees. “Om die gesondheid en veiligheid van ons personeel en studente te verseker, het ons ‘n risiko-identifikasieproses begin wat gelei het tot die ontwikkeling van inentingsplanne en standaard bedryfsprosedures (SOP’s) vir beide personeel en studente.”
https://potchefstroomherald.co.za/101222/kommer-oor-nwu-se-covid-19-inentingsbeleid/