NewsNews

24-uur Dienssentrum en noodnommer vir gemeenskap nou beskikbaar

24-uur Dienssentrum en noodnommer vir gemeenskap nou beskikbaar

 

 

Die WeCare 24-uur Dienssentrum en noodnommer is 061 587 8991

Die vrywilliger organisasie, WeCare, het vandeesweek sy dienssentrum/operasionele kantoor geopen wat benewens die organisasie se Telegram-groepe, ook voortaan ‘n 24-uur noodnommer beskikbaar sal hê vir die publiek om te skakel vir enige mediese nood, veiligheidsklagtes en munisipale diensleweringsprobleme. Die kantoor is in Kerkstraat 22. WeCare beoog om by die kantoor rekord te hou van alle klagtes wat ontvang word, en terugvoer van die betrokke rolspelers oor die oplossing van die klagtes.

Die oogmerk van die rekordhouding is om seker te maak dat klagtes deur die regte kanale aandag sal kry. Vir eers sal WeCare se vrywillige patrolleerders om die beurt self die kantoor beman sover hul kan, maar die hoop is dat Parysenaars ook sal betrokke raak deur die dienssentrum te help beman, of deur donasies om die sentrum beter toe te rus, of selfs iemand ‘n salaris te kan betaal om die kantoor te beman. “Ons gaan verseker ‘n paar groeipyne beleef tydens die daarstel van die dienssentrum, en vra dat die gemeenskap geduld sal hê met ons,” sê Wynand Nel van WeCare.

Wynand en Dorette Nel en hul span vrywilligers het die afgelope ses jaar ‘n onbaatsugtige diens aan die gemeenskap van Parys in tye van nood gelewer, 24 uur sewe dae per week, en ook deurgaans inligting gegee ten opsigte van diensleweringskwessies.

Die vrywilligers van WeCare werk sonder vergoeding en stel hul tyd en hulpmiddele tot beskikking van die gemeenskap om ‘n diens te lewer. WeCare is ‘n nie-winsgewende organisasie.

As jy hulle finansieel wil ondersteun kan jy die volgende bankrekening gebruik vir ‘n elektroniese oorbetaling: Radio Light Patrols NPC, Standard Bank Parys, besigheids spaarrekening, rekeningnommer 043941710, takkode 051001, of skakel vir Wynand by 082 629 1553 of Dorette by 071 554 7966 as jy by WeCare betrokke wil raak.

 

 

 

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button