News

Kyk hoe lyk dié pad: Gedeeltes van teervlak heeltemal weggespoel

Bus ook in vloedwater vasgekeer

 
 
Die R44 tussen Heilbron en Deneysville is tydelik gesluit weens skade aan die padoppervlak ná swaar reën gister. Daar is ernstige skade aan die teervlak sowat 24km vanaf Heilbron in die rigting van Deneysville, sê  Hilary Mophethe, woordvoerder vir die departement van polisie, paaie en vervoer.
 
Mophethe sê die pad is tydelik gesluit ter wille van die veiligheid van motoriste en dat motoriste op hoogte gehou sal word sou die pad weer oopgestel word vir verkeer.
Intussen is mense gewaarsku om ag te slaan op waarskuwingstekens waar vloedwater ‘n gevaar inhou, en van alternatiewe roetes gebruik te maak.
 
 
 
 
 
 
Die R44 tussen Heilbron en Deneysville wat tydelik gesluit is. 
 
Vanoggend om 03:00 is ‘n Intercape-bus met 86 insittendes ook vasgekeer in vloedwater op die R30 tussen Allanridge en Bothaville. Al die insittendes kon na veiligheid gehelp word Hulle was van Umtata na Pretoria onderweg.
 
Volgens polisiewoordvoerder Stephen Thakeng, was daar waarskuwingstekens dat die pad tussen Allanridge en Bothaville oorstroom is.
 
 
 
 
 
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button