News

Pad tydelik gesluit: Motoriste gemaan om ag te slaan op waarskuwingstekens

Bus ook vasgekeer in vloedwater

DIe R44 tussen Heilbron en Deneysville is tydelik gesluit weens skade aan die padoppervlak nĆ” swaar reĆ«n gister. Daar is ernstige skade aan die teervlak sowat 24km vanaf Heilbron in die rigting van Deneysville, sĆŖ Hilary Hilary Mophethe, woordvoerder vir die departement van polisie, paaie en vervoer.
Mophethe sĆŖ die pad is tydelik gesluit ter wille van die veiligheid van motoriste en dat motoriste op hoogte gehou sal word sou die pad weer oopgestel word vir verkeer.
Intussen is mense gewaarsku om ag te slaan op waarskuwingstekens waar vloedwater ‘n gevaar inhou, en van alternatiewe roetes gebruik te maak.
Vanoggend om 03:00 is ‘n Intercape-bus met 86 insittendes ook vasgekeer in vloedwater op die R30 tussen Allanridge en Bothaville. Al die insittendes kon na veiligheid gehelp word Hulle was van Umtata na Pretoria onderweg.
Volgens polisiewoordvoerder Stephen Thakeng, was daar waarskuwingstekens dat die pad tussen Allanridge en Bothaville oorstroom is.

Related Articles

Back to top button