Grafte onder water: Organisasies span kragte saam om te help

Grafte onder water: Organisasies span kragte saam om te help

 

 

Nadat die Heilbronse konsentrasiekampbegraafplaas vir die soveelste keer ná swaar reën oorstroom het, het die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) in samewerking met Die Erfenisstigting en AfriForum aan die werk gespring om ’n einde aan die dam water in dié begraafplaas te maak.

Volgens ‘n inwoner van Heilbron, Quarta Pretorius, wat sedert 1998 by die konsentrasiekamp betrokke is, veroorsaak onwettige grafhope aan twee kante van die Heilbron-begraafplaas dat water nie kan afloop nie, en dan opdam. Die konsentrasiekampkerkhof is in die middel van die begraafplaas.

Tydens die Anglo-Boereoorlog (1899–1902) is 1 124 bejaardes, vroue en kinders in hierdie konsentrasiekamp oorlede. Pretorius het die waterprobleem by die konsentrasiekampkerkhof onder die aandag van die FAK gebring. Jan-Danie Malan, projekorganiseerder van die FAK se Kultuurnetwerke in die Vrystaat, het Die Erfenisstigting by die Voortrekkermonument in Pretoria, en AfriForum onder meer om regshulp en erfenisbewaringswetgewing genader.

Daarna is die bal aan die rol gesit en het ‘n inwoner, Danie Knoetze, ‘n waterpomp beskikbaar gestel om die dam water te begin uitpomp. Malan en Knoetze het die volgende dag saam met nog drie mans die oorblywende water uitgepomp.

 

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) in samewerking met Die Erfenisstigting en AfriForum het aan die werk gespring om ‘n einde te bring aan die dam water by die Heilbronse konsentrasiekamp begraafplaas.

Pretorius sê die Ngwathe-munisipaliteit het in 2010 gesê dat die Heilbron-begraafplaas vol is, en gevolglik is ‘n nuwe begraafplaas op die Deneysville-pad aan die munisipaliteit toegeken.

Volgens Malan wil die FAK nou goedkeuring by die plaaslike munisipaliteit kry om ‘n dreineringstelsel by die Heilbron-begraafplaas aan te lê. Alta Pretorius, AfriForum-streekskoördineerder van die Mooirivier-streek waaronder Heilbron val, sal dié saak met dié munisipaliteit bespreek.    

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button