Die Deo Gloria Koor, o.l.v. Ern Rademan en Marli Krüger, met sy ongeveer 60 lede, bestaan al sedert 1999. Die koorlede wat in Parys, Vredefort, Viljoenskroon en Potchefstroom woon, wissel in ouderdomme tussen 14 en 65 jaar Die koor beplan vanjaar minstens twee konserte en dit is nou jou kans om ‘n oudisie te reël.
Ons soek koorlede met goeie gehoor en die begeerte om deel te word van ons “koorfamilie”. Vorige koorondervinding is ‘n sterk aanbeveling.
Skakel Marli by +27 (82) 498-0117.