Februarie is Moedertaalmaand en op 21 Februarie vier ons Internasionale Moedertaaldag – ‘n dag wat sedert 1999 ingestel is en sedertdien jaarliks gevier word. Maar hoekom al weer praat oor moedertaalonderrig? Want … dit is die beste ding wat jy vir jou kinders kan doen – om hulle in hulle moedertaal te laat skoolgaan. Hier is net ‘n paar redes hoekom ons jaar na jaar hieroor praat:
Moedertaalonderrig gee jou kind die heel beste kans op sukses
- Moedertaal vestig die basis vir kognitiewe leer en dus probleemoplossing.
- Hoe groter ’n kind se woordeskat, hoe beter leser en leerder word die kind.
- Navorsing het bewys dat moedertaal jou kind ’n leervoorsprong gee.
- Deur moedertaalonderrig word die gehalte van onderrig verbeter.
- ’n Mens verwoord jou gevoelens beter in jou moedertaal.
- ’n Kind verstaan moeilike begrippe in ’n vreemde taal makliker deur moedertaal.
- ’n Kind hoef nie in Engels skool te gaan om Engels aan te leer nie.
- Moedertaal bevorder veeltaligheid, mits die moedertaal goed gevestig is.
Wat kan ouers doen?
- Praat gereeld met jou kind in jou moedertaal – selfs voor geboorte.
- Stuur jou kind na ’n skool waar hy moedertaalonderrig kan ontvang.
- Dring aan op jou reg tot moedertaalonderrig.
- Lees vir jou kind en brei so sy woordeskat uit.
- Moedig lees aan.’n Goeie leser is ’n goeie leerder.
- Stel kinders bloot aan hul taal en kultuur. Leef in jou taal.
- Moedig die aanleer van nog ’n taal aan – veeltaligheid open deure.
- Wees trots op jou taal deur dit te praat en stel so ’n goeie voorbeeld.
- Respekteer ander se taal en kultuur.
- Jou moedertaal is wie jy is, dus: Praat dit, leef dit, lees dit!
Gaan lees meer oor die belangrikheid van moedertaalonderrig op Afrikaans.com (www.afrikaans.com) se leerhulpafdeling onder die hofie: Leer meer oor Afrikaans – Moedertaalonderrig (https://afrikaans.com/leerhulp/moedertaalonderrig/




