NewsNews

Weldoener begin fondsinsameling vir vrou na hondeaanval

Weldoener begin fondsinsameling vir vrou na hondeaanval

Dupuo Kokolosi (47) se gesig is vermink, haar bo-lip sowel as dele van haar neus en ore is afgeskeur. Haar linkeroog is ook ernstig beseer.

Die vrou wat Dinsdagoggend (25 Januarie) deur drie honde verskeur is, is tans besig om in die Chris Hani Baragwanath hospitaal in Soweto aan te sterk.

Dupuo Kokolosi (47) se gesig is vermink, haar bo-lip sowel as dele van haar neus en ore is afgeskeur. Haar linkeroog is ook ernstig beseer.

Alma McGill, ‘n bemarkingsbestuurder van Johannesburg het oor die voorval gelees, waarna sy besluit het om vir Kokolosi te probeer help. Volgens McGill sit die voorval baie finansiële druk op Kokolosi se gesin omdat sy die enigste broodwinner is.

Nadat sy van die voorval gelees het, het sy in met Kokolosi se dogter Patricia Modise in kontak gekom. McGill het ‘n ‘BackaBuddy‘ fondsinsameling projek geloots om die gesin by te staan.

Enige iemand wat ‘n donasie aan die fonds wil maak kan die skakel volg.

https://www.backabuddy.co.za/dupuo-kokolisi

Kokolosi was glo besig om wasgoed op te hang by die huis waar sy werk toe die honde haar begin aanval het. Bure het haar noodkrete gehoor waarna hulle gaan ondersoek instel het. Een van die buurmanne het gesien hoe die honde haar aanval. Die ander buurman het die honde noodgewonge geskiet. Die eienaar van die honde en Kokolosi se wergewer het tot op hede geen kommentaar oor die voorval gehad nie.

 

https://potchefstroomherald.co.za/100734/weldoener-begin-fondsinsameling-vir-vrou-na-hondeaanval/

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button