NewsNews

Lynx Roadsters se enjins brul deur dorp se strate

Lynx Roadsters se enjins brul deur dorp se strate

Dié vyf spoggerige blink waens van die Lynx Roadster Club van Boksburg was Sondag in Parys en het met brullende enjins behoorlik die aandag getrek. Nie net is daar by Die Boereplaas geëet nie, maar is ook sommer ‘n draai langs die Vaalrivier gery om te kyk hoe die Vaal se water bokspring met vyf sluise wat teen Sondag nog by die Vaaldam oop was.

Twee sluise is Dinsdag toegemaak en nog ‘n sluis Woensdag. 

 

 

Dié klub is in 1995 gestig en kuier klublede maandeliks saam wanneer hulle die langpad vat. Hulle het selfs al na die Kaap, Natal en Namibië getoer. Onder die vyf motors wat Sondag hier was, het twee Lexus V8-enjins en een ‘n 2L 16 Valve enjin. Die motors is deur hul eienaars opgebou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button