NewsNews

Jis Harry, Suid-Afrikaners ‘lovit’

Jis Harry, Suid-Afrikaners ‘lovit’

 

 

 

Dit is vyf jaar later, maar Suid-Afrikaners onthou steeds die bekkige witkopseuntjie van Parys met die Chappies-hemp op die Radio Raps Show.

Trouens, die humor in dié insetsel is al meer as ‘n miljoen keer op YouTube gekyk en word steeds gedeel.

Vanjaar is Herman van der Schyff in graad 4 by Parys Primêre skool, maar steeds herken mense hom waar hy gaan as die knapie wat so lekker kon gesels oor geelvis vang, krieket en super heroes, en sy wyshede as dit kom by meisies. Só is hy nou die dag weer in Potchefstroom raakgesien toe hy sy vriende langs die sportveld aangemoedig het.

Sy sêding: “Jiss, ek lovit”, is destyds deur die PUK-studente ‘n WhatsApp-plakker gemaak wat ook steeds die rondte doen.

 

 

Maar klein Harry, soos sy gesin hom noem, is ‘n doodgewone rabbedoe wat van krieket hou en hom min aan die bekendheid steur wat hy oornag gekry het. Verlede jaar is hy weer genooi om op Radio Raps te gesels, maar inperking het die beplande opname in die wiele gery. Intussen sit die YouTube-insetsel steeds glimlagte op mense se gesigte oor die jongman wat so gemaklik voor ‘n kamera kan gesels.

 

 

Herman van der Schyff waar hy destyds in graad R op die Radio Raps Show was. Foto: YouTube

 

As jy nie die insetsels gesien het nie, gaan kyk gerus na https://m.facebook.com/watch/?v=2652242901509591

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button