Photo GalleriesSport
Twee van Parys is beste op die veerpyltjiebord
Twee van Parys is beste op die veerpyltjiebord


Die Fezile Dabi Veerpyltjie Assosiasie het verlede naweek hul 2021/2022 toekenningsgeleentheid in Kroonstad gehou. Twee spelers van Parys Dart Club is by die spog geleentheid in Kroonstad onderskeidelik as die Mans- en Damesspeler van die jaar aangewys. Hulle is Rynhard Malan en Cornea Viljoen. Die klub is baie trots op dié twee uitstekende spelers van die Parys Knights-span. Belangstellende veerpyltjiespelers word genooi om Woensdagaande by die klubhuis by die Off Road Sport Bar, een kilometer op die Parys/Fochville-pad (waar die wit vliegtuig staan) saam te kom speel. Vir navrae oor die klub, skakel Ockert by 072 344 7867.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



