NewsNews

Dit is wat jy moet weet oor vanjaar se sensus en aanlyn deelname

Dit is wat jy moet weet oor vanjaar se sensus en aanlyn deelname

 

 

 

Vir die eerste keer sedert 2011 sal daar weer ‘n sensus in die land gehou word.  die sensus was geskeduleer vir 2021, maar moes toe weens die Covid-19 pandemie uitgestel word. Die nasionale sensus word gedoen van 3-28 Februarie en gaan sowat R3,2 miljard kos.

Daar sal verskeie tegnieke gebruik word om die sensus te doen. Mense kan aanlyn deelneem, of alternatiewelik sal amptenare van Statistieke Suid-Afrika ook mense kontak om inligting te kry en waar mense nie op hierdie maniere kan deelneem nie, sal veldwerkers ook uitgestuur word om van huis tot huis te beweeg om inligting te kry. Daar is 165 000 velwerkers aangestel vir die duur van die sensus. Hoe gemaak as ‘n veldwerker jou nader? Veldwerkers sal identifikasie van Statistieke Suid-Afrika (SSA) by hulle hê, en jy is geregtig daarop om te vra vir die identifikasie alvorens jy enige inligting aan ‘n veldwerker gee. Meer inligting oor die sensus en amptenare is ook op Statistieke Suid-Afrika se webtuiste.

Mense is gevra om hul samewerking vir die sensus te gee omdat die inligting wat met ‘n nasionale sensus versamel word, belangrik is vir die land  om vir die toekoms op kort- en langtermyn te kan beplan, as daar ‘n beeld gevorm kan word van die land se demografie. As jy aanlyn wil deelneem aan die sensus moet jy op SSA se wetuiste registreer by getcounted.statssa.gov.za

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button