News

Dit is wat jy moet weet oor vanjaar se sensus en aanlyn deelname

Dit is wat jy moet weet oor vanjaar se sensus en aanlyn deelname

      Vir die eerste keer sedert 2011 sal daar weer ‘n sensus in die land gehou word.  die sensus was geskeduleer vir 2021, maar moes toe weens die Covid-19 pandemie uitgestel word. Die nasionale sensus word gedoen van 3-28 Februarie en gaan sowat R3,2 miljard kos. Daar sal verskeie tegnieke gebruik word om die sensus te doen. Mense kan aanlyn deelneem, of alternatiewelik sal amptenare van Statistieke Suid-Afrika ook mense kontak om inligting te kryen waar mense nie op hierdie maniere kan deelneem nie, sal veldwerkers ook uitgestuur word om van huis tot huis te beweeg om inligting te kry. Daar is 165 000 velwerkers aangestel vir die duur van die sensus. Hoe gemaak as ‘n veldwerker jou nader? Veldwerkers sal identifikasie van Statistieke Suid-Afrika (SSA) by hulle hê, en jy is geregtig daarop om te vra vir die identifikasie alvorens jy enige inligting aan ‘n veldwerker gee. Meer inligting oor die sensus en amptenare is ook op Statistieke Suid-Afrika se webtuiste. Mense is gevra om hul samewerking vir die sensus te gee omdat die inligting wat met ‘n nasionale sensus versamel word, belangrik is vir die land  om vir die toekoms op kort- en langtermyn te kan beplan, as daar ‘n beeld gevorm kan word van die land se demografie. As jy aanlyn wil deelneem aan die sensus moet jy op SSA se wetuiste registreer by getcounted.statssa.gov.za                

Related Articles

Back to top button