News

Goeie nuus vir Parys: Hof bring einde aan gedwonge beurtkrag

Verreikende gevolge vir munisipaliteite wat hulself in soortgelyke situasie bevind

 

 
 
 
 
Eskom se gedwonge munsipale beurtkrag vir Ngwathe is uiteindelik amptelik iets van die verlede. Die Hoogste hof van Appél het Vrydag in Bloemfontein ná ’n hofstryd van langer as ’n jaar Eskom se appél met koste van beide die advokate van die hand gewys, toe daar ten gunste van die Lekwa Belastingbetalersvereniging en die Vaal River Development Association (VRDA) beslis is oor die toepassing van gedwonge munisipale beurtkrag in die Lekwa en Ngwathe munisipaliteite. Die uitspraak beteken dat verbruikers in hierdie munisipaliteite nie langer gestraf sal word vir die munisipaliteite se onvermoë om hul diensterekening aan die kragreus te betaal nie.

 

* Adv. Herman van Eeden (SC) en adv. Danie Wijnbeek, met Lou van Wyk as opdraggewende prokureur vir die Vaal River Development Association (VRDA), en Andreas Peens vir die Lekwa Belastingbetalersveriging onderskeidelik, verdien ‘n pluimpie vir die werk wat gedoen is om die saak voor die hof te kon bring wat verreikende gevolge inhou vir munisipaliteite wat hulle in soortgelyke situasies bevind waar strafbeurtkrag van tyd tot tyd toegepas word.

 
Lees die volledige berig oor Parys se kragstryd en die hofuitspraak in hierdie week se Gazette. 
 
 
 
 
 
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button