News

Net-net kop bo water

    Met die swaar reën van die afgelope naweek en ‘n vyfde sluis wat teen Dinsdag by die Vaaldam oopgetrek is, is daar weer asem opgehou of dié besondere geelvis klipkunswerk in Parys, dalk sy vinne in die water sal sit. Vroeër vandeesweek was die onderste vin van die graniet- en draad kunswerk ‘n …

 

 

Met die swaar reën van die afgelope naweek en ‘n vyfde sluis wat teen Dinsdag by die Vaaldam oopgetrek is, is daar weer asem opgehou of dié besondere geelvis klipkunswerk in Parys, dalk sy vinne in die water sal sit. Vroeër vandeesweek was die onderste vin van die graniet- en draad kunswerk ‘n skamele 40cm van die Vaal se magtige golwe waar hy die afgelope drie jaar onder die brug oor die Vaalrivier by Egweni River Lodge in Parys pryk. Teen Dinsdagoggend het dit egter gelyk asof die watervlak effens hier gesak het en was die kunswerk sowat een meter bo die water, volgens plaaslike kunstenaar Deon TerBlanche, wat verantwoordelik was vir die besonderse kunswerk en ook hierdie foto. Deon het die kunswerk in Oktober 2018 gemaak om bewusmaking van die bewaring van ons land se waterbronne en visspesies te skep, nadat rioolbesoedeling van die Vaalrivier tot groot getalle visvrektes gelei het. Die kunswerk is 7m x 1,5m en weeg meer as 350kg. Dit is gemaak van Parys-graniet, eie aan die omgewing en draad, en het Deon die enorme taak aangepak om die kunswerk met sy sowat 90 granietklippe onder die brug te hang. Toe dit destyds gehang is, was dit nagenoeg 2-2,2m bo die watervlak, sê Deon. Die Vaaldam was Dinsdagoggend 110,4% vol. Die Bloemhofdam het toe op 111,8% gestaan.

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button