NewsNews

Molen Kórus hou oudisies hierdie Maandag

Molen Kórus hou oudisies hierdie Maandag

Die koor is bekend vir uitnemende koorsang en repertoire wat tot ‘n wye en veelsydige gehoor spreek.

 
Indien jy in die Potchefstroom-omgewing woon, ‘n nagraadse student of werkende is en boonop kan sing, is jy net waarna ons op soek is!
 
Molen Kórus, Potchefstroom se geliefde kamerkoor vir volwassenes, is weer op die uitkyk vir nuwe talentvolle lede om in 2022 by die koor aan te sluit.
 
 
Die koor het verlede jaar hul tiende bestaansjaar gevier en is reeds goed gevestig in beide die plaaslike en wyer nasionale koorgemeenskap.
 
In die koor se tien bestaansjare, wen hul etlike toekennings (onder andere drie goue medaljes by die Wêreldkoorspele in Tshwane, 2018) en neem hulle ook twee CD’s met prof. Awie van Wyk se mees bekende komposisies, en die Psalmomdigtings van digter T.T. Cloete, respektiewelik, op.
Die welbekende Molen Kórus hou op Maandag, 24 Januarie oudisies. Foto: Tian du Preez
 
Die koor is bekend vir uitnemende koorsang en repertoire wat tot ‘n wye en veelsydige gehoor spreek.
Buiten om gehore met kwaliteit musiekuitvoerings te bederf, is Molen Kórus verder gestel daarop om vreugde en skoonheid aan gehore te bring deur middel van mooi koorsang.
Weg van die verhoog af, is die weeklikse kooroefeninge ook ‘n geleentheid vir lede om nuwe sosiale bande te smee, die werk of studies se spanning af te skud, en deel te wees van ‘n vervullende musikale ervaring.
 
Molen Kórus beplan om in 2022 op hierdie reputasie voort te bou, gehore met besondere musiek te bekoor en soveel moontlik tyd op die verhoog deur te bring.
 
Indien jy by só ‘n koorgemeenskap aanklank kan vind en graag hiervan wil deel word, maak dan ‘n oudisie-afspraak.
 
Oudisies vind Maandagaand, 24 Januarie tussen 19:30 tot 21:30 by Potchefstroom Gimnasium in Molenstraat plaas.
 
Om ‘n afspraak te maak, stuur ‘n e-pos na molenkorus@gmail.com of kontak vir Christel by 082 566 4229.
 
 
 
 
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button