NewsNews

Trotse dag vir Hoërskool Parys se matrikulante

Só het Hoërskool Parys se matrikulante gevaar

  Ten spyte van bykans twee jaar se uitdagings het die 2021-matriekklas van Hoërskool Parys uitsonderlik presteer en gewys dat geen uitdaging vir hierdie groep van 101 matrikulante te veel was om te oorkom nie.

Vir die eerste keer na 20 jaar het die skool vanjaar weer ‘n matrikulant met 8 vakonderskeidings en spog ook met een van sy matrikulante wat onder die top 100 matrikulante in die Vrystaat is. 

Boikanyo Likhethe se 8 vakonderskeidings volg 20 jaar nadat  Thea Koekemoer ook destyds in 2001 agt A’s kon inpalm. Hy behaal sy onderskeidings in Eng. HL, Afr. EAT, Rekeningkunde, Lewensoriëntering, Fisiese Wetenskappe, RTT, Lewenswetenskappe en Wiskunde. Sy gemiddeld is 87,1%..

Boikanyo Likhethe

Ciska Cilliers het 7 vakonderskeidings ( (Afr. Huistaal, Eng. Eerste Addisionele Taal, Lewensoriëntering, Fisiese wetenskappe, Lewenswetenskappe, Geografie en Wiskunde), en het die uitnemende prestasie behaal om onder die top 100 matrikulante in die Vrystaat aangewys te word. Haar gemiddeld is ‘n skitterende 90,9%. Sy was vandag by CUT vir die Well Done erkenningsfunksie vir top presterende matrikulante.

Ciska Cilliers

Vyf vakonderskeidings is behaal deur:

Natasha Brewer (Afr. Huistaal, Eng. Eerste Addisionele Taal, Rekeningkunde, Lewensoriëntering en Lewenswetenskappe)

Genevieve Croeser (Afr. Huistaal, Eng. Eerste Addisionele Taal, Lewensoriëntering, Besigheidstudies en Toerisme)

Amé van Wyk ( Afr. Huistaal, Eng. Eerste Addisionele Taal, Lewensoriëntering, RTT en Lewenswetenskappe.)

Vier vakonderskeidings is behaal deur:

Nadia du Toit met 4 A’s (Afr. Huistaal, Eng. Eerste Addisionele Taal, Lewensoriëntering en Lewenswetenskappe.).

Drie vakonderskeidings is behaal deur: ·         

Rio-Rida Hattingh: Eng. EAT, Lewensoriëntering en Lewenswetenskappe ·         

Merry Sibanda: Life Orientation, Life Science and Physical Science

Twee vakonderskeidings is behaal deur: FP Coetzee ( Lewensoriëntering en Toerisme); Larah Geekie (LO en Toerisme); Ninette Jansen van Rensburg (LO en Toerisme); Mardi Loggenberg  (LO, Wiskundige Geletterdheid); Daniké Nothnagel (LO en Toerisme); Tianni Prins (LO en Wiskundige Geletterdheid); Leanke van der Westhuizen (Rekeningkunde en Lewensoriëntering); Zuan van Heerden (LO en Toerisme); Danja van Rhyn (Engels EAT en LO);

Leerders wat een vakonderskeiding (buiten LO) ontvang het, is: Suané Beckman (Wiskundige Geletterdheid); Anneri de Klerk (Wiskundige Geletterdheid), Brendon Jardim (IGO), Mamelle Molibeli (Wiskundige Geletterdheid) Herman van Zyl (IGO)

Leerders wat vakonderskeidings in slegs Lewensoriëntering behaal het, is: Ryno Barnard, Jean-Luc Begue, Jared Bekker, Enrico de Swardt, Neo Matsobane, Kamohelo Mmope, Jabu Mofekeng, Kgomotso Mofokeng, Lebohang Mopedi,Meruschké Retief, Chanté van der Merwe en Danel van der Merwe. Die skool het ‘n slaagpersentasie van 95,91%. Altesaam 79 A-simbole is behaal Drie en sewentig van die matrieks slaag met universiteitstoelating en 19 met toelating tot diploma studie. Dit beteken dat 97,9 % van die klas aan ‘n tersiêre inrigting kan gaan studeer.

Hoërskool Parys ontvang ‘n Silwertoekenning (slaagpersentasie tussen 90% en 99%) tydens die Vrystaat Departement van Onderwys se graad 12-skole toekennings vir 2022. Die Fezile Dabi streek is die nr. 2 streek in die Vrystaat en beklee die 3 de plek nasionaal.    

Genevieve Croeser saam met haar ma, Natasha

.  

Natasha Brewer.

 

Amé van Wyk.     

           

Related Articles

Back to top button