News

Opwindende voëlkyk vir die jaar beplan

Opwindende voëlkyk vir die jaar beplan

Ons is aan die begin van ‘n nuwe jaar en Feathers Voëlklub beplan om die jaar behoorlik te benut. Die eerste byeenkoms vir die jaar word Donderdag, 27 Januarie om 18:30 by die Sally Martin Park-saal gehou. By die geleentheid sal Jean Wilson van haar foto’s wat in en om Parys geneem is, wys en daaroor gesels.

Daar is ‘n groot verskeidenheid voëls in en om Parys en dit sluit ook vreemde besoekers in. Op die oomblik is die Wespedief in die omgewing. Indien iemand dié voël sou opmerk, laat weet asseblief die Feathers-klublede. Tydens die Februarie-byeenkoms sal Johan Lotter van Vredefort sy foto’s van vreemde besoekers wys en gesels oor hul gewoontes. Almal wat belangstel in voëls, word vriendelik genooi om die geleenthede by te woon.

Die gebruik van die saal is steeds onderhewig aan die nakoming van die Covid-regulasies en veilige afstand moet gehandhaaf word. Onthou ook die klub se voëlkyk-uitstappie Saterdag, 29 Januarie by Boschenvaal aan die Vaalrivier naby Sasolburg. Hierdie is seker een van die beste plekke in die omgewing om voëls te kyk. Tydens die laaste besoek in 2017 is 50 voëlspesies gesien. In totaal is daar al 182 spesies by Boschenvaal aangeteken. Belangstellendes vertrek om 06:00 vanaf die Pick n Pay-parkeerterrein. Bring jou piekniekmandjie, voëlboek, verkyker en ‘n stoel saam.

Vir meer inligting oor die Feathers voëlklub en sy bedrywighede kan Hansie Bekker by (056) 811 4754 of 082 820 4306, of Peter Killian by 083 625 8100 gekontak word.  

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button