Water waar jy kyk – maar nie soos tóé
Paaie verspoel, brûe is onbegaanbaar en só is die Vaal se bokspringe lanklaas gesien- maar dit was al erger. Só onthou Saal de Jager, jarelange inwoner van Parys, sakeman en raadslid, hoe die Vaalrivier op 8 Januarie 2011 teen 2 600 kubieke meter per sekonde gevloei het. Maandagaand was die vloei ongeveer 1 300 kubieke …

Paaie verspoel, brûe is onbegaanbaar en só is die Vaal se bokspringe lanklaas gesien- maar dit was al erger. Só onthou Saal de Jager, jarelange inwoner van Parys, sakeman en raadslid, hoe die Vaalrivier op 8 Januarie 2011 teen 2 600 kubieke meter per sekonde gevloei het. Maandagaand was die vloei ongeveer 1 300 kubieke meter per sekonde. Baie Parysenaars sal nog onthou hoe sandsakke in 2011 gepak is by die laagwagterbrug-ingang na Parys Golf & Country Estate, en die water wat in die straat by Esplenade gelê het. Dalk onthou jy ook nog die vloed van 1975 toe net ‘n paar van Parys se bekende hangbrug se trappe bo die water sigbaar was.

Die foto hierbo is in 1975 geneem toe net die boonste trappe van Parys se bekende hangbrug uitgesteek het.

Die foto is in 2011 geneem toe sandsakke by die laagwaterbrug- ingang na die Parys Golf & Country Estate gepak moes word.

So het dit met vloede vorige jare in Parys gelyk.
So het dit verlede naweek in die tuin van René van der Westhuizen in Presidentstraat 1, Parys gelyk, nadat die Mimosa spruit oorgeloop het en water dwarsdeur haar erf is.





