NewsNews

Kaart help hulle in nood op ’n waardige manier

Al ooit gewonder of die geld wat jy iemand in nood in die hand gee, ooit werklik gaan bydra tot die persoon se welstand - of dit wys spandeer word? Hierdie vraag wat in baie weldoeners se hart is, is dalk nou beantwoord met die bekendstelling van ’n voedselkaart. Die kaart, ’n eerste van sy soort in Suid-Afrika, is ’n landwye gesamentlike projek van verskeie welsynsinstansies en Shoprite Holdings. Die langtermyn doelwit is om armoede te verlig.

Al ooit gewonder of die geld wat jy iemand in nood in die hand gee, ooit werklik gaan bydra tot die persoon se welstand – of dit wys spandeer word?
Hierdie vraag wat in baie weldoeners se hart is, is dalk nou beantwoord met die bekendstelling van ’n  voedselkaart. Die kaart, ’n  eerste van sy soort in Suid-Afrika, is ’n landwye gesamentlike projek van verskeie welsynsinstansies en Shoprite Holdings. Die langtermyn doelwit is om armoede te verlig.
Die voedselkaart is soortgelyk aan ’n geskenkkaart wat skenkers in staat stel om ’n  finansiële bydrae aan persone op ’n veilige en doeltreffende manier te maak. Sodoende kan die persoon se lewenskwaliteit verbeter word deur die beskikbare fondse vir voedsel te verhoog.
Die voedselkaart stel die ontvanger daarvan boonop instaat om op ’n waardige wyse aankope te maak, en so sy menswaardigheid te behou. Hierdie aankope sluit voedselitems asook sekere nie-voedselitems soos toiletware, noodsaaklike huishoudelike toerusting, selfs medisyne in wat by enige van die 419 Shoprite Holding winkels landwyd aangekoop kan word. Geen alkohol of tabak word gefinansier nie en kan dus nie met die kaart aangekoop word nie.
Persone met spesifieke behoeftes, diëte of kulturele voorkeure word in staat gestel om ’n  keuse uit te oefen met aankope.
Aalmoese soos kospakkies beperk dikwels armes se beheer oor hul eie basiese behoeftebevrediging.
Met hierdie voedselkaart het die betrokke persoon nou ’n  keuse met wat hy/sy aankoop en word in sy/haar unieke behoeftes voorsien.
Die kaart is in die Vrystaat beskikbaar by dienspunte van Vrystaat-Versorging in Aksie (VVA) en dus plaaslik by die VVA kantoor in Buitenstraat 18, asook by Shoprite, Checkers en U Save.
Skenkers kan ook kontant skenkings maak vir hierdie doel by die VVA se kantoor.
Die VVA se takke in die Vrystaat het gedurende 2015 aan meer as 20 000 gesinne voedselhulp verleen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button