News

Hof sê ja vir matriekuitslae in media

Hof sê ja vir matriekuitslae in media

Regter Anthony Millar het pas in die Pretoriase Hooggeregshof ten gunste van AfriForum en Maroela Media beslis dat die 2021 matriekuitslae wel in die media gepubliseer sal word. Dit nadat die onderwysdepartement vroeër ter elfder ure aangekondig het dat die uitslae nie soos oudergewoonte in die media gepubliseer sal word nie ingevolge die Wet op die Beskerming  van  Persoonlike Inligting (PoPi) wat verlede jaar in werking getree het. Die onderwysdepartement het sy besluit op 10 Januarie aangekondig en is die dringende hofaansoek Vrydag gebring. Dit is nie deur die departement teengestaan nie.  

 

 

Related Articles

Back to top button