Nadat daar Woensdag 12 Januarie reeds een sluishek by die Vaaldam toegemaak is, is daar gister, Donderdag 13 Januarie nog twee sluise toegemaak.
Verlede week was daar in totaal vyf sluishekke oop by Vaaldam.
Die Vaaldam was teen Donderdag 13 Januarie 102,7% vol.
Sterkfonteindam het toe op 101,3% gestaan, en Bloemhof op 104,6%
Altesaam 70mm is tot dusver reeds vir Januarie in Parys gemeet. Parys se totale reënval vir Desember gemeet in die dorp, was 201mm

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!




