News

Dis neusie verby vir beplande Aarto strafpunte

Dis neusie verby vir beplande Aarto strafpunte

 

 

Motoriste kan uiteindelik die vrees van die beplande strafpuntstelsel vir verkeersoortredings agter hulle sit.

Die hooggeregshof in Pretoria het vandag, Donderdag 13 Januarie,  beslis dat die  omstrede Wet op die Administratiewe Beregtiging van Padverkeersoortredings (Aarto), en sy beplande strafpuntstelsel heeltemal ongrondwetlik en onwettig is. Dit is daarom ter syde gestel.

Regter Annali Basson het gesê dat die Aarto-wet en die Aarto wysigingswetsontwerp strydig is met die grondwet in sy geheel.

Die wet sou in Julie vanjaar landwyd in werking getree het.

Die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) het lank reeds gewaarsku dat die wet nie meer veiligheid op Suid-Afrikaanse paaie sou beteken nie.

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button