NewsNews

Vrystaatse Vories bid vir tannie Dawn

Vir soveel jare ken nie net die Voortrekkers van Parys Voortrekkerkommando die gesig van tannie Dawn Rall nie. Tannie Dawn is so deel van  Voortrekker-wees soos wat kamp vir elke Voortrekker is. Vir baie jare is sy die gesig van Voortrekkers in Parys en staan haar hande vir niks verkeerd nie – nie agter die …

Vir soveel jare ken nie net die Voortrekkers van Parys Voortrekkerkommando die gesig van tannie Dawn Rall nie.

Tannie Dawn is so deel van  Voortrekker-wees soos wat kamp vir elke Voortrekker is. Vir baie jare is sy die gesig van Voortrekkers in Parys en staan haar hande vir niks verkeerd nie – nie agter die kospotte by ‘n kamp nie, en ook nie as daar besluite of leiding geneem moet word nie.

Tannie Dawn is Maandag 10 Januarie in die Panorama Mediclinic se harteenheid opgeneem ná ‘n hartaanval en het die Vrystaat Verkennerkommando’s Maandagaand vir voorbidding vir tannie Dawn op hul WhatsApp-groep gevra.

Die gemeenskap van Parys waarvan tannie Dawn soveel jaar al deel is en Parys se Voortrekkerkommando bid vir spoedige beterskap vir tannie Dawn.

Dawn Rall saam met Danie Langner, hoofleier van die Voortrekkers. Die foto is geneem toe Parys Voortrekkerkommando sy 85ste bestaansjaar gevier het.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button