News

Graad 1’s sommer klaar tuis in die klaskamer

Graad 1's sommer klaar tuis in die klaskamer

Graad 1 leerlinge van Parys Primêre skool is sommer al klaar tuis in die klaskamer. Die nuwelinge het vanoggend, Dinsdag 12 Januarie, ‘n draai by die skool gemaak waar hul eerste skooldag foto’s geneem is, en hul  touwys gemaak is in die klas voordat die skole amptelik môre, Woensdag 13 Januarie heropen vir die 2022 skooljaar.

Milan Nell het met groot selfvertroue haar eerste skooldag aangepak.

Carike Badenhorst en Hecter van der Westhuizen op hul eerste skooldag. 

Zante Kleynhans op haar eerste skooldag.
Vyf juffrouens van Parys Primêre skool was vandeesweek selfs nog meer opgewonde om terug te wees by die skool, want vir hulle is vanjaar ook die begin van hul kleingoed se skooljaar. Van links is Jalin Reitz saam met mamma Janel (graad 6 Engels), Delarey van Dyk en mamma Zelna (graad 1 opvoedkundige assistent), Michandré Olivier saam met mamma Chrizanré (graad 6 Afrikaans en PSW), Emma Vorster saam met mamma Christine (graad 3 Engelse klas), en Dewald Nell saam met mamma Maritza (graad 5 Engels).

Om jou kind vir die eerste keer in die skool te hê is ‘n groot en trotse oomblik vir elke ouer. Stuur vir ons jou graad 1’tjie se eerste skooldagfoto na gazettenuus@gmail.com of whatsapp die foto na 060 690 7591 en ons plaas dit graag vir jou op Parys Gazette se webblad heeltemal gratis.

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button