News

Berugte Facebook-swendelaar in Potch vasgetrek

Berugte Facebook-swendelaar in Potch vasgetrek

Brad Bilton (47) is op Maandag, 27 Desember op die aanklagtes van diefstal en bedrog in Potchefstroom vasgetrek. Hy verskyn weer op 17 Januarie in die Potchefstroomse landdroshof

Potchefstroom SAPD het danksy flink werk ‘n berugte swendelaar gearresteer wat via Facebook met enkellopendes en weduwees kontak maak en dan besteel.

Volgens provinsiale polisiewoordvoerder, Col. Adele Myburgh is Bradley Bilton (47) op Maandag, 27 Desember op die aanklagtes van diefstal en bedrog in Potchefstroom vasgetrek.

Bilton het op Dinsdag, 28 Desember vir die eerste keer in die Potchefstroomse landdroshof verskyn waar hy nie borgtog toegestaan is nie. Hy verskyn weer op Maandag, 17 Januarie in die hof.

Bilton is al 13 keer gevonnis in verband met verskeie nasionale misdade oor die afgelope drie dekades. Myburgh noem dat Bilton se modus operandi is om Facebook as platform te gebruik waar hy enkellopende en geskeide vroue met vals beloftes teiken en dan besteel.

“Hy het met ‘n Potchefstroomse weduwee (38) op Facebook kontak gemaak en homself as ‘John Clarke’ voorgedoen en nadat hulle boodskappe op sosiale media gedeel het op 14 Desember by haar huis in Potchefstroom opgedaag.  Hy het toe by hierdie vrou tuisgegaan vir ‘n paar dae,” noem Myburgh.

Die slagoffer het onraad vermoed toe haar geld en elektroniese toerusting begin verdwyn het. Sy het Bilton se regte identiteit uitgevind, op die internet gaan rondsoek en vasgestel dat sy net een van vele vroue is wat by hom deurgeloop het.

“Hy het aan die vrou genoem dat hy programme op haar tablet wil installeer, maar het net eintlik haar tablet en laptop gesteel en verpand. Na die vrou Bilton se regte identiteit opgespoor het, het sy die polisie geskakel,” noem Myburgh.

Die polisie doen ‘n beroep op die publiek om op die uitkyk te wees vir onbekende mense wat hulle op sosiale media nader. Hulle gee nie altyd hulself voor vir wie hulle regtig is nie en kan met vals profiele weerlose mense teiken.

https://potchefstroomherald.co.za/99639/berugte-facebook-swendelaar-in-potch-vasgetrek/

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button