CommunityPhoto Galleries

Uitstappie vir voëlkyk entoesiaste

Die volgende vergadering van Feathers Voëlklub word op Donderdag 25 Februarie om 18:30 in die Sally Martin Park saal gehou. By die geleentheid sal Jan Fourie ’n baie interresante praatjie oor voëlneste aanbied, waar dit onder andere met menslike wonings vergelyk word. Daarna sal weer na van die lede se foto’s gekyk word.

Die volgende vergadering van Feathers Voëlklub word op Donderdag 25 Februarie om 18:30 in die Sally Martin Park saal gehou. By die geleentheid sal Jan Fourie ’n baie interresante praatjie oor voëlneste aanbied, waar dit onder andere met menslike wonings vergelyk word. Daarna sal weer na van die lede se foto’s gekyk word.Die klub se maandelikse uitstappie is op Saterdag, 27 Februarie en hulle sal die Sasol Eco Park (nou die Bongani Mabaso EcoPark Nature Reserve) by Sasolburg besoek. Hierdie is ’n voëlryke park en ‘n buur-voëlklub het onlangs 131 spesies tydens ’n besoek aangeteken. Dit kan dus ’n  baie interresante uitstappie word. Persone wat saamgaan vertrek om 06:30 vanaf die Pick & Pay se parkeerterrein.
Bring jou verkyker, piekniekmandjie en ‘n stoel saam.
Die klub se vorige besoek aan die Vredefort dam was ook baie bevredigend en daar is binne ’n  kort tydjie 54 spesies aangeteken.Persone wat belangstel in ons voëlerfenis en om moontlik lid van die klub te word, is welkom om hierdie geleenthede by te woon. Vir meer inligting oor die uitstappie of die klub, skakel Hansie Bekker (056) 811 4754 of 082 820 4306 of Sanita Kemp 072 421 8799.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button