NewsNews

Huldeblyk: Elise van Garderen

Huldeblyk: Elise van Garderen

Elise van Garderen, ‘n jarelange en geliefde inwoner van Parys, is op 27 Desember in die ouderdom van 70 jaar oorlede.
Op haar stil manier het sy oor baie jare ‘n groot bydrae gelewer by die vele organisasies waar sy betrokke was, en is haar kunstige hand gesien in wat sy ookal op haar besondere aangepak het.
Elise is op 22 Februarie 1951 in Johannesburg gebore. Sy verwerf haar honoursgraad in maatskaplike werk en het daarna vir die Suid- Afrikaanse Weermag, NG Welsyn en VVA Vredefort-tak gewerk.
Op 5 Oktober 1985 is sy getroud met Johan van Garderen en  is hulle geseën met twee dogters, Riana en Juanita.
In die jare wat sy in Parys gewoon het, was sy betrokke by die Parys-vliegveld, die Vroue Landbou Unie en Rotary.
Sy het ‘n fyn aanvoeling gehad vir naaldwerk,musiek en blommerangskikking wat sy as stokperdjies beoefen het.
Elise sal met net die mooiste herinneringe onthou word deur haar dogters asook haar kleinkinders: Maria-Lise, Layla, MJ en Amelie
Die gedenkdiens vir Elise word gehou op 4 Januarie 2022 vanuit die NG Oos kerkgehou om 11:00.

Related Articles

Back to top button