Die hemel se sluise het Sondag, 2 Januarie, behoorlik in Potchefstroom oopgegaan met tussen 70-100mm reënval wat deur verskeie inwoners oor ‘n tydperk van 4 ure gemeet is.
Motoriste is Sondag ook gewaarsku om baie versigtig te bestuur op die N12 tussen Potchefstroom en Klerksdorp weens die swaar reën en sterk vloeiende water oor die pad wat verkeer erg ontwrig het.
Ook die Potchefstroom Animal Welfare Society (PAWS) was gedeeltelik onder water na die reënstorm en moes personeel van die hond rondskuif na ander hokke.