Die enigste masjien in die land wat bestuurslisensie kaarte druk, het gebreek en om alles te kroon geld die amnestieperiode vir die laat hernu van rybewyse nie vir alle motoriste nie.
Motoriste wie se lisensies voor 31 Augustus 2021 verval het omdat hulle nie afsprake kon maak vir die hernuwing van lisensies nie as gevolg van Covid-19, sal nog tot 1 Maart 2022 wettig kan bestuur, maar nie motoriste wie se lisensies op 1 September verval het en dit nog nie kon hernu.
Daar kon die afgelope 7 weke al nie lisensiekaarte gedruk word nie omdat die 20 jaar oue masjien beskadig is ná waterskade by ‘n aangrensende gebou wat ‘n elektriese stuwing veroorsaak het.
Die departement wil nou dat motoriste moet betaal vir ‘n tydelikse lisensie wat ses maande geldig sal wees.





