News

Jy kan nou later alkohol koop, uitbly – geen aandklokreël meer

Goeie nuus kort voor die nuwe jaar

Die aandklokreël is opgehef en restaurante en kuierplekke wat volgens hul lisensievoorwaardes gemagtig is om alkohol na 23:00 te verkoop, sal dit weer kan doen. Die wysigings is onmiddellik van krag.

Die aankondiging is Donderdagaand 30 Desember gemaak nadat president Ramaphosa vroeër met premiers en burgemeesters vergader het.

Binnenshuise saamtrekke word ook nou beperk tot 1 000 mense, terwyl 2 000 mense buitemuurse saamtrekke sal kan bywoon. Alle veiligheid- en gesondheidsregulasies ten opsigte van Covid-19 moet egter steeds nagekom word.

Die dra van maskers bly egter verpligtend.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button